Tygerberg Children's Choir logo Text

Ambassadors in Harmony

Performances

Tygerberg Children's Choir Gala Concert

 

 

South Africa's foremost children's choir performing their brand new 2016 programme entitled Living Waters. A concert not to be missed.

 

South-Africa's foremost children's choir in their first concert of the year on 12 June at 16:00 in the Hugo Lambrechts Auditorium, Parow.

 

The multi-award winning Tygerberg Children's Choir, under the leadership of Hennie and Theresa Loock for the past 44 years, will have their first concert of the year, entitled Living Waters, in the Hugo Lambrechts Auditorium, Picton Street, Parow.

 

Works performed will include The Lord’s Payer (Malotte), Ave Maria (Bach/Gounod, Tsitsikama (Lamprecht), Let the River Run (Carly Simon), as well as The Warrior from Ipi Tombi. Tickets cost R120pp and are available through Computicket.

 

For almost 45 years the Tygerberg Children's Choir, based in Cape Town's Northern Suburbs and under the baton of internationally acclaimed conductor Hennie Loock with Theresa Loock as arranger and accompanist, has taken lovers of choral music on a very special musical journey. The choir regularly performs with great aplomb for heads of state, princes, kings and queens and is one of South-Africa's proudest export products. The choir has won every major international choral competition since its inception in 1972, and its unsurpassed legato singing, maturity of sound, musical power and dynamic interpretation of very difficult material makes Tygerberg Children's Choir a foremost exponent in the world of international competition choirs.

 

The choir can be followed on Facebook and Twitter. CD’s and DVD’s can be ordered from Emsie Human: sales@tcc.co.za

Tygerberg Kinderkoor Galakonsert

 

Die veelbekroonde Tygerberg Kinderkoor, onder leiding van Hennie en Theresa Loock vir meer as vier dekades, bied Sondag 12 Junie om 16:00 hul eerste konsert van die jaar, getiteld Soos Lewende Water, in die Hugo Lambrechts-ouditorium in Pictonstraat, Parow aan. Werke wat gehoor kan word sluit in The Lord’s Payer (Malotte), Ave Maria (Bach/Gounod), Tsitsikama (Lamprecht), Let the River Run (Carly Simon), The Warrior uit Ipi Tombi., asook die Sewe Boerneefliedjies as spesiale huldeblyk aan die afgestorwe Prof Pieter de Villiers.

 

Kaartjies kos R120pp en is beskikbaar by Computicket.

 

Meer oor Tygerberg Kinderkoor:

 

Vir bykans 45 jaar neem die koor, onder leiding van internasionaal bekroonde dirigent Hennie Loock en met Theresa Loock as verwerker en begeleier, koorliefhebbers op 'n baie spesiale musikale reis. Die koor tree gereeld op vir staatshoofde, konings, koninginne en prinse en is een van Suid-Afrika se trotse uitvoerprodukte. Tygerberg-kinderkoor het elke belangrike internasionale koorkompetisie sedert sy ontstaan in 1972 gewen, en sy kenmerkende legatosang, klankvolwassenheid, musikale krag en dinamiese interpretasievaardigheid ken geen gelyke onder internasionale kompetisiekore nie. Die koor se groot verskeidenheid uitstekende CD's getuig van sy besonderse musikale nalatenskap.

 

Sedert 2008 neem Tygerberg-kinderkoor elke tweede jaar deel aan die voorste koorkompetisie in die wêreld vandag, die Wêreldkorespele, in onder andere Oostenryk, China en die VSA. Slegs die beste internasionale kore word genooi om deel te neem. Benewens die feit dat Tygerberg Kinderkoor talle goue medaljes verower het, is hy in 2010 in Shaoxing, China as wêreldkampioen bekroon in beide die Volks- en Geestelike musiekafdelings. Dis die eerste keer sedert die koor se ontstaan dat hy twee afdelings in dieselfde kompetisie wen. Die feit dat die koorlede almal tussen 10 en 14 jaar oud is, en dat hierdie prestasie teen soveel ouer kore behaal is, maak dit soveel meer merkwaardig.

 

Tygerberg Kinderkoor was nie alleen bekroon as Suid-Afrika se voorste kinderkoor tydens die ATKV Animato Koorkompetisie in 2012 nie, maar het alle afdelings waarvoor hul ingeskryf het gewen en het as algehele wenners met die louere weggestap.

 

Die koor kan op Facebook en Twitter gevolg word. Kontak Emsie Human by sales@tcc.co.za om CD's en DVD's te bestel.

Copyright 2016 Tygerberg Children's Choir. All rights reserved