Dirigent
Hendrik D. Loock is sedert die stigting van die koor die dirigent . Hy was gedurende sy studentejare aan die Universiteit van Stellenbosch lid van die Universiteitskoor onder leiding van Philip McLachlan.
Met sy ondervinding van laerskool-, hoërskool- en streekskore word hy dikwels gevra om lesings te gee oor koorafrigting en om as beoordelaar by eisteddfods en koorfeeste nasionaal en internasionaal op te tree. Hy tree as vryskutkonsultant op vir dirigente wat raad en hulp benodig
In erkenning van sy prestasies (plaaslik en internasionaal) het hy vele toekennings ontvang, o.a. goue medaljes van die Stad Bellville en die Onderwyservereniging (Absa-toekenning), die John Preiss- medalje van die Laerskool Excelsior, 'n Tygerberg Eisteddfodmedalje en die Excelsus toekenning van die Laerskool De Kuilen, oorkondes van die FAK, die ATKV en die Voortrekkers en sertifikate van verdienstelikheid deur die Burgemeester en Junior Burgemeester van Kuilsrivier en die SAOU. In Borja (Spanje) het hy en die Koor toekennings ontvang vir die lesing wat hy daar gelewer het.
Om op die hoogte te bly met die nuutste ontwikkeling in koorsang, het hy die Internasionale Koorsimposiums in Sydney (1996) en Rotterdam (1999) bygewoon.
Hendrik D. Loock se uitstekende vaardighede as koorleier is van onskatbare waarde by die verskeie CD's wat reeds gemaak is, sowel as die goeie resensies wat dit behaal het. Hy konsentreer op die gebruik van die natuurlike stem wat tot 'n homogene kwalteit geslyp word met sensitiewe plasing van toonhoogtes, gebruik van asembeheer en die uniforme gebruik van mondvorms. Om die teks te laat spreek en vir musikale vertolking word baie klem gelê op die verskillende klankskakerings en nuanses van die stem. Om die program interessant te hou word werke van uiteenlopende aard aangebied en word daar gepoog om alle genres te dek.
Begeleier
Theresa Loock (née Crous), koorbegeleier en verwerker vir langer as 40 jaar, is tans op siekteverlof. Haar plek word ingeneem deur Theo Alkema terwyl sy herstel.
TKK Bestuurkomitee:
'n Koorkomitee, verantwoordelik vir al die administratiewe reëlings, bestaan uit die volgende lede :
Hendrik D Loock: Koorleier
Charl van Heyningen: Voorsitter en Skakelbeampte
Bredell Brink: Adjunkvoorsitter en Tesourier
Mariette Botev: Sekretaresse en Vriende van die Koor
Juan Rossouw: Toerleier
Karina Erasmus: Musiek en Klere
Marina Quarmby: Klere
Laurentia Franz: Spyseniering
Minau Wegner: Oudisies
Jermaine Hartley: Fondsinsameling en Toerassistent
Jeremy Fortune: Fondsinsameling en Algemene Bystand
Kopiereg 2018 Tygerberg Kinderkoor. Alle regte voorbehou.